In die huidige omstandighede sal daar geveg moet word vir hoop. Een so ‘n voorbeeld is AfriForum se geveg vir die behoud van Pretoria se naam.

Die Solidariteit-beweging skep aktief hoop deur daadwerklik op te tree
In die huidige omstandighede sal daar geveg moet word vir hoop. Een so ‘n voorbeeld is AfriForum se geveg vir die behoud van Pretoria se naam.

Hoop word geskep deur harde werk, en Solidariteit beskerm mense in die werkplek. In die huidige ekonomiese krisis is dit onverantwoordelik om nie iemand te hê wat aan jou werkbeskerming bied nie. Die Solidariteit-beweging glo dat hoop geskep word deur hard te werk en self verantwoordelikheid te neem.

Solidariteit Helpende Hand maak gereeld hulle hande vuil vir hoop. Daar word ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om betrokke te raak by die skep van hoop.

Die Solidariteit-beweging glo die beste manier om vir jongmense toekomshoop te gee, is om hulle met kennis te bemagtig. Buiten tegniese opleiding deur Sol-Tech gaan ‘n nuwe Afrikaanse korrespondensiekollege ook aan die einde van die jaar gelood word en het Solidariteit ‘n ‘vakbond-universiteit’, naamlik die Solidariteit Akademie, begin.
