Die Solidariteit-beweging glo die beste manier om vir jongmense toekomshoop te gee, is om hulle met kennis te bemagtig. Buiten tegniese opleiding deur Sol-Tech gaan ‘n nuwe Afrikaanse korrespondensiekollege ook aan die einde van die jaar gelood word en het Solidariteit ‘n ‘vakbond-universiteit’, naamlik die Solidariteit Akademie, begin.
