Laai die volledige Plan van Hoop af.
Dít is die aksieplan vir hoop vir 2009
Raak prakties betrokke by ons aksieplan van hoop. Indien enige van die onderstaande jou opgewonde maak, het ons jou ondersteuning nodig.
- 4 Junie – Bekendmaking van ʼn lied van hoop
Solidariteit Helpende Hand gaan ʼn CD getiteld Hande vir Hoop vrystel. Sangers soos Kevin Leo, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Jannie Moolman, Carike Keuzenkamp, Matthys Roets, Rina Hugo, Anna Davel, Piet Botha en Dozi het almal saam ʼn lied van hoop opgeneem. - Middel Mei 2009 – Loodsing van AfriForum 911
AfriForum 911 is ʼn gratis SMS-beveiligingsdiens. - 21 Mei 2009 - Loodsing van AfriForum 911-netwerk vir gemeenskapveiligheid
Hierdie netwerk gaan tientalle gemeenskapsbeveiligingsaksies binne een netwerk koördineer. - Einde Mei 2009 - Hofsaak teen regering oor misdaad
AfriForum gaan begin met sy regsaksie aangaande die regering se onvermoë om landsburgers teen misdaad te beskerm. - Wag vir hofdatum – Hofsaak teen regstellende aksie
Hierdie hofsaak gaan die regering, en spesifiek die SAPS, hof toe neem oor die onbillike toepassing van regstellende aksie - 15 Julie 2009 - Internasionale konferensie oor regstellende aksie
Kenners van so ver as Maleisië gaan deelneem aan ʼn Solidariteit-konferensie oor die probleme met regstellende aksie in Suid-Afrika. - Augustus 2009 - Wysigingswet oor regstellende aksie
ʼn Wysigingswet wat veranderinge aan die wet op regstellende aksie voorstel, gaan by die parlement ingedien word. - 14 Augustus – Loodsing van ʼn multimiljoenrand-beursplatform
Talle Afrikaanse beursfondse gaan deur Solidariteit Helpende Hand op ʼn enkele beursfondsplatform geadministreer word. - September 2009 - Nuwe kampus vir tegniese kollege
ʼn Nuwe multimiljoenrand-kampus vir Solidariteit se Afrikaanse tegniese kollege, Sol-Tech, gaan help om duisende jongmense in skaars en kritieke vaardighede op te lei. - Ingang Januarie 2010 - Die loodsing van die grootse Afrikaanse korrespondensiekollege in SA
Die grootste Afrikaanse korrespondensiekollege gaan duisende studente in, onder andere, bestuurs- en arbeidsverhoudinge oplei. - 21 – 23 Oktober 2009 - Aanbieding van ʼn Reddingsdaadkongres
Dit is vanjaar die 70ste herdenking van die stigting van die Reddingdaadbond en die eerste ekonomiese volkskongres. ʼn Groot kongres oor die bemagtiging van ons mense gaan as deel van die herdenking aangebied word. - 30 April 2009 - Opening van ʼn buitelandse kantoor
Die Solidariteit-beweging wil ons saak internasionaliseer en het ʼn buitelandse skakelkantoor in België gevestig.
Aksies wat deurlopend plaasvind, is beskerming in die werkplek, onderhandeling by maatskappye, verbetering van diensvoorwaardes, die jaarlikse skooltassieprojek vir graadeen-leerders, verskeie burgerregte-inisiatiewe, personeelplasings deur Solidariteit se Express-konsessies.